Wednesday, January 6, 2010

Choc chip cookies

____________________________________________________


Mens kan te veel choc chips in choc chip cookies sit!! Daar was onduidelikheid oor die gebruik van die skaaltjie, en so beland 50g extra choc chips in die deeg. Wat toe gebeur, is dat dit baie moeilik is om vorms te maak uit die deeg. Die vormpies breek op, omdat daar te min deeg en te veel choc chips is. Ek het later heeltyd choc chips begin uithaal en raai wat het dit geweeg toe ek die origes na die tyd weeg? Jip: ongeveer 50g.
Resep:

1. 300 g botter
2. 375 g strooisuiker (= een en 'n driekwart koppie)
3. 600 g koekmeel (= 5 koppies)
4. 140 ml melk
5. 5 ml vanilla essens
6. 45 ml stroop

150 g sjokelade morsels (choc chips)

Plaas die eerste 6 bestanddele in 'n groot mengbak
Meng dit met 'n elektriese menger totdat die deeg 'n sagte bal vorm
Meng die sjokelade stukkies in en knie vir 5 minute
Rol die deeg in klein balletjies, plaas op 'n gesmeerde bakplaat en druk plat met 'n vurk
Verkoel in die yskas vir 30 minute voordat dit gebak word
Bak teen 180C vir 12-15 minute, of tot goudbruin
Koel af

Let wel:

Die koekies rys nie juis nie en kan dus naby aan mekaar op die bakplaat gepak word.
Moenie langer as 15 min inhou nie, want dit kan sommer baie hard word
Die resep werk ook goed as mens dit wil verdubbel

No comments:

Post a Comment