Wednesday, January 6, 2010

Ma se suurlemoentert

________________________________________________
1 blik kondensmelk
1/2 k suurlemoensap
3 eiers (geskei)
1 pakkie Tennis beskuitjies
100 g botter
4 eetlepels strooisuiker



Rol die tennisbeskuitjies fyn en meng met die botter en druk vas op die bodem van 'n gesmeerde vuurvaste glasbak
Hou 'n klein bietjie van die koekiemengsel oor om later bo-oor meringue te strooi
Klits die kondensmelk en die suurlemoensap saam
Klits die eiergele by die kondensmelk-mengsel
Giet die kondensmelk-mengsel bo-oor die beskuitjies
Klits die eierwitte en die strooisuiker saam totdat die strooisuiker opgelos is en die eierwitte puntjies maak
Skep die eierwitmengsel liggies bo-oor die kondensmelk-mengsel
Gooi die orige krummels bo-op die meringue
As jy wil kan jy 'n paar kersies opsny en hier en daar op die meringue rangskik
Bak in oond 180 *C vir 10 - 15 min tot ligbruin
Laat afkoel en geniet

Let wel:
- Ek gebruik sommer 'n skoon vadoek om die tennisbeskuitjies in fyn te rol. Maak die pakkie koekies leeg op die vadoek, rol fyn met 'n koekroller en neem punte bymekaar en laat krummels afgly in 'n mengbak in
- Klits die eierwitte in 'n skoon goed-gedroogde bak en maak ook seker dat jy die draaiertjies mooi was en baie goed droogmaak nadat jy die eiergele geklits het en voordat jy die eierwitte klits, anders sal die eierwit nie styf word nie. (ek het eenmaal raakgelees dat iemand se^ sy klits eers die eierwitte en dan die eiergele want dan hoef sy nie die draaiertjies eers te was nie) :)
- Hierdie tert is nie baie groot nie - moenie 'n te groot tertbak gebruik nie
- Hierdie meringue word nie in die oond afgekoel nie. Dit is nie 'n harde meringue nie. Indien jy wel 'n harder meringue wil he^, skakel die oond na 15 min af en koel die meringue in die oond af

Daar is baie variante op hierdie resep, maar geen wat soos my ma s'n proe nie!! :)

No comments:

Post a Comment