Wednesday, January 6, 2010

Kersfeeskalkoen

___________________________________________________________
Vir 25 Desember 2009 se kersfeesete, het die familie (die wat nog in Suid-Afrika is!) by Connie en Adele bymekaargekom en elkeen ietsie gebring en so was die tafel gelaai met heerlike Suid-Afrikaanse kersfeesdisse.

Hierdie jaar het my kalkoen, in teenstelling met laas jaar se uitgedroogde eend, heerlik sappig uitgekom. Ek het gesoek na 'n resep en toe sommer op google "Christmas Turkey" ingetik en die eerste resultaat was 'n heerlike resep van Jamie Oliver. Eers wou ek kroek en sommer 'n wegneem-vulsel by Woolworths koop, maar alles was uitverkoop! Ook maar goed, want Jamie se vulsel is fantasties - sien resep by ingehegte skakel.
http://www.jamieoliver.com/recipes/turkey-recipes/best-roast-turkey-christmas-or-any-time

Ek kon nie Salie kry nie ('n ander vrou op dieselfde oomblik in Woolworths, kon nie heel naeltjies kry vir haar 'gammon' nie, nie daar nie en ook nie in ander winkels in die omtrek nie), maar ek moet byvoeg, dit was reeds so teen 6 namiddag op 23 Des, so ook geen wonder as alles al uit verkoop was nie). Ek het die Salie met Tarragon vervang, so 'n tipe liquiries smaak, maar ek het nie te veel gebruik nie. Jy sal sien in die resep, mens braai dit vars saam met met die uie en knoffel - 'n wonderlike aroma. Toe ek die naam sien, was ek nie seker wat dit was nie, maar dog toe ek gee 'n sprong in die geloof en gebruik dit vir my dis, en toe dit so begin braai, toe weet ek wat dit is - ek het dit al by Granks geproe, 'n Thai restaurant in Rosebank, in hulle Green Chicken Curry.

Ek't ook op 'n warm Suid-Afrikaanse rysslaai afgekom, by die volgende skakel:
http://www.rainbownation.com/recipes/recipe.asp?type=3&id=19 - of soek vir: South African Side Dishes - Hot Rice Salad

No comments:

Post a Comment